SJOKOLADETERTKOEK
Koek:
6 eiers, geskei
1 ½ koppie suiker
3 eetlepels kakao
¾ koppie warm water
¾ koppie kookolie
1 teelepel vanilla geursel
¾ teelepel sout
1 ½ koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
Sous:
1 ¾ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies water
2 hoogvol eetlepels kitskoffie
Versiering:
1 blik karamel
250 ml room
1 flake of fyngerasperde sjokolade
glanskersies
Koek:
Klits eiergele met suiker tot lig en donsig.
Los kakao op in die warm water.
Terwyl eiergele en suiker klits, voeg by die kakaomengsel, kookolie en vanilla.
Sif droë bestanddele saam en vou by mengsel in.
Klits eierwitte styf, nie te droog nie, en vou by mengsel in.
Giet mengsel in goedbespuite, dieperige oondbak en bak vir ongeveer 45 min by 180ºC.
Sous:
Meng alles saam in `n kastrol en bring tot kookpunt en kook vir 5 min.
Haal koek uit die oond, steek gaatjies in die warm koek en giet die kokende stroop egalig oor die warm koek en laat heeltemal afkoel.
Versiering:
Smeer die karamel oor die koek.
Klits die room styf en smeer of spuit oor die karamel en sprinkel die fyn sjokolade bo-oor.
Versier verder met die cherries.
En daar`s hy !
Jy kan die koek uit die pan keer indien verkies, voor jy die stroop oorgooi.
Myne sit altyd vas in die pan omdat die stroop die koek baie bros maak.
Tensy jy die koek in die oondbak gaan los.
Geniet !, dis heerlik en dis nou al sjokolade koek wat ek bak
Foto: Moira Kemp








