Ek wil graag iets met julle deel. Het hierdie affere ook eers maar skeef aangekyk maar dit werk regtig. Ek was al moedeloos oor my koeke altyd met n punt rys, toe gaan krap ek so bietjie op Google en kry hierdie nuttige stukkie inligting. Vat n ou handdoek en sny stroke so hoog soos jou koekpan en lank genoeg sodat dit reg rondom kan gaan, steek dit dan sommer met n haak speldjie vas sodat dit styf om die pan pas. Haal dit af en maak dit nat , druk die water net so met jou een hand uit sodat dit nie drup nie en trek dit weer oor die pan. Gooi jou beslag in jou pan en bak die koek met die nat handdoek om. Jou koeke sal perfek gelyk uitkom bo op. Ek was baie skepties en het dit vandag weer gedoen en elke keer is my koeke gelyk, ek het nog nooit in my lewe sulke perfekte koeke gebak nie, gaan sommer nou een vir my plaatkoek ook sny.
FOTO’S: Adri Liebenberg en Suenell Liebenberg
geskuif
Adri Liebenberg
So ‘n rukkie terug het iemand hier iets opgesit oor om ‘n nat handdoek om jou koekpanne vas te maak wanneer jy koek bak. Ek het dit vandag gedoen….. en mense …. ek bak nooit weer anders ‘n koek nie. Die verskil is ongelooflik. Ek het amper gedink ek het ‘n ander resep gebruik vandag!! Baie dankie vir die persoon wat dit opgesit het. Lekker aand. Groete
Adri Liebenberg – Ek het ‘n handdoek om my vierkantige kolwyntjiepan ook gesit met net so ‘n ongelooflike uitkoms! Ek moet vierkantige cupcakes bak vir ‘n troue en almal gaan presies eweredig uitkom!!