

SJOKOLADE BLOKKIES (BOEREPLAAS FUDGE)
30 ml kakao
250 g margarine
500 g versiersuiker
1 teelepel vanielje geursel
1 pakkie Marie beskuitjie
1 eier
Krummel Marie beskuitjies. Klits die eier met vanielje geursel. Smelt margarien in n groot kastrol oor ‘n lae hitte op stoof. Voeg kakao, versiersuiker, eier en vanielje mengsel by. Roer tot ‘n gladde mengsel. Verwyder kastrol van di stoof. Voeg Marie beskuitjiekrummels by en meng goed. Gooi in gesmeerde bak. Laat goed afkoel en sny in blokkies.
BRON- Anel De Bruyn






