SOUS:
15 ml botter/margarien
375 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water
Maak pampoen goed fyn.
Voeg, meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie, druk effens plat en bak tot weerskante goudbruin en gaar.
Pasop dat die olie nie te warm is nie, dan brand die koekies voordat hulle gaar is.
Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies.
Dien warm op. Lewer sowat 3 dosyn koekies
Resep:Wilna Dorfling
Foto: Lisa Volbrecht
Alternatief:
Venita Nolte
Hierdie is pampoenkoekie-deeg wat ek net in die doughnut maker gemaak het…. Gesonde opsie vir die kosblikke – kan ook in die wafelmaker gemaak word









