

PAMPOEN MUFFINS MET STROPIE
(bak in muffinpannetjie)
4 koppies gaar pampoen, druk fyn
3 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
3 eiers
5 ml sout
½ koppie suiker
Meng alles saam, skep in gesmeerde muffinpannetjie en bak plus minus 10-15 min by 180°C!
SOUS:
1 koppie melk
¾ koppie suiker
¼ koppie margarien (storke bake)
5 ml karamelgeursel
Verdik met vlapoeier. Ek vat net ½ koppie suiker, hou nie van te soet ni! Ek gebruik butternut pampoen! Ek maak ook party keer resep dubbeld aan, muffins vries baie goed en haal dan uit soos nodig. Plaas muffins in pyrex bak, gooi sous oor muffins en plaas vir ‘n rukkie in die oond! Haal uit en geniet dit.
Wilna Dorfling






