FANTA HOENDER
So maak mens, ek gebruik eintlik net duie dit is verseker die beste.
Braai 2 uie en 1 pakkie sampioene tot lekker bruin, sit die hoenderstukke wat met sout en peper gesprinkel is, by. Braai tot hoender ook mooi kleur het, sit bietjie water by en kook tot hoender gaar is, so pot braai, laat elke keer die bietjie water weg kook voor jy weer bietjie bysit.
Wanneer die hoender gaar is en die velletjie bruin, gooi tussen 500 ml en 750 ml fanta in, dit maak baie skuim en dis reg, laat dit dan net rustig kook en na so rukkie raak dit so klewerige “gooowie” sous.
Mense dit is eerlikwaar heerlik
Variasie:
Sit baba aartappeltjies by, ek bedien die hoender met “tjips”, groenslaai en mielies die kombinasie is mal mal mal …..dit is vinneg en maklik en kamp vriendelik
Resep en foto:Marisa Olivier