NICOLETTE SE BILTONG POT
2 koppies rys (rys geursel)
500 g pasta (groot skulpies)
2 groot uie, fyn gekap
2 koppies kaas
500 g biltong
¼ koppie olyf olie
1 pakkie rooi worsies (12)
2 pakkiessampioene
(Hierdie pot is op ‘n gasbottel gemaak)
Braai uie in olyf olie tot die uie deurskynend is, voeg rys by en braai vir 20 sekondes op matige hitte, bedek die rys met water en kook so tot rys amper gaar is, maak seker dat rys nie droog kook nie. Sit die pasta in met nog water indien nodig, pasta moet net net bedek wees met water. Stel hitte op laag en kook pasta tot amper gaar.
Voeg die rooi worsies, sampioene en biltong by en roer goed deur, sprinkel die 1 koppie kaas bo-oor, sit deksel op en laat smelt (hitte nog steeds op laag- anders kook pasta weg)
Wanneer kaas gesemelt is, roer deur en sprinkel die res van die kaas bo-oor, laat kaas weer smellt. Roer kaas net vinnig deur, strooi dan fyn gekerfde biltong bo-oor, sit deksel op vir 5 min.
Totale kooktyd 1½ na 2 ure
Sout kan bygevoeg word na smaak
Lekker kuier pot- eet en geniet
Foto en resep geplaas deur Nicolette Jansen








