MOEDER SE INGELEGDE KERRIEVIS
1 snoek in stukke gesny – of vis van jou keuse
4 groot uie – sny in ringe
500 ml ( 2 kp) asyn
250 ml (1 kp) water
3/4 koppie suiker
1 eetlepe borrie
2 eetlepels kerrie
Bietjie sout na smaak
1 eetlepels swartpeper korrels
3-4 lourier blare
Maizena om sous bietjie dik te maak
Bak vis tot gaar in bietjie olie
Prut gesnyde uie 10-12 minute in asyn en water
Meng suiker, borrie, kerrie, sout, peperkorrels en lourierblare en voeg by asynmengsel en kook deur
Meng maizena met bietjie water en voeg by asynmengsel kook tot gaar en dik
Pak vis laag in bak, dan uiemengsel laag, herhaal lae en eindig met uiemengsel laag
Plaas in yskas wanneer koud en eet na 3-5 dae
1 ste foto: Marie Dumas Jennings se Mamma se resep
2de foto: Gideon Louw
Ek’t ‘n snoek ingele in kerrie
En Marie se mamma se resep gebruik en dis heerlik dankie Marie vir die resep
Ek’t net die sout in die resep uitgelos en my snoek vooraf met ‘n laag dik growwe sout bestrooi en vir ‘n uur lank gelos en dit toe in stukkies gesny
Die sout maak die snoek ook lekker ferm en hanteer ook makliker

FOTO: Ronell Muller Boshoff











geskuif
Ronell Muller Boshoff
NOTA: Ek het 4 kg stokvis gebruik
6 groot uie en kerriesous bestanddele verdubbel.