MIELIEBLOM KOEK
Bou die koek sonder fieterjasies!
175 ml mielieblom (maizena)
2 ml bakpoeier
5 ml kremetart
knippie sout
4 ekstra groot eiers, geskei
125 ml suiker
fyn appelkooskonfyt of aarbeikonfyt
*versiersuiker
Smeer pannetjies en besprinkel met bietjie mielieblom.
Sif eerste 4 bestanddele saam.
Klits eiergele en suiker tot romerig.
Roer droë bestanddele by die eiergeelmengsel.
Klits eierwitte styf en vou met metaallepel in. Verdeel beslag in voorbereide 2 groot panne (of in 4 klein pannetjies x 2 )
Bak 7 min in konveksieoond of 15-20 min in gewone oond by 160 °C.
Verdeel groot koek se lae in 2 , smeer konfyt tussen lae, sprinkel versiersuiker oor.
Sit saam met styf geklopte room voor indien verkies.
Foto en resep geplaas deur Frieda Greyling








