
PETRO BORCHARD
EIERVRUG
My man se (enigste) groente voorkeur is vir eiervrug skywe wat gekrummel en gebraai is.
Ek is altyd verbaas as ek hoor mense kla dat hulle krummel laag nie vasklou nie (aan eiervrug of enige iets anders). Hier is my metode (nie regtig ‘n resep nie)
Sny eiervrug in 1 duim skywe. Gooi sout liggies oor, laat vir 30 min staan en skraap die sout met ‘n mes af. Of dit nou regtig vir die bitter uittrek help kan ek nie waarborg nie, maar dit voorkom dat dit pap raak en ook te veel olie opsuig en terselfdertyd geur dit die eiervrug.
1. Kry gereed in 3 pap borde :- gegeurde meel, geklitste eier, broodkrummels (ek gebruik ‘n weergawe wat ek by Chinese kruideniers winkels koop wat vergelykbaar is met Panco wat die Food Network kokke graag gebruik). In daardie volgorde. Die meel is die geheim om die lot vas te laat klou.
2. Doop die skywe in daardie volgorde in die 3 borde en as jy ‘n dikker laag soek, herhaal die prosedure.
3. Braai in klein bietjie olie net om die krummels die verlangde kleur te laat kry, sit dan in die oond om deurgaar te word sonder om die spulletjie te verbrand. Geniet dit.







Geskuif as “Wenke en resepte vir eiervrug (brinjal)”