KOEKIE BESKUIT
1kg bruismeel
3 koppies semels
1 koppie rosyne
2 koppies suiker
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
500 ml karringmelk
500g margarien
2 eiers
Metode:
Meng al die droe bestanddele saam – rosyne ingesluit.
Smelt die margarien
Voeg karringmelk en eiers by margarien en meng goed
Voeg by meelmengsel en knie tot goed gemeng
Druk vas in plat gesmeerde panne en bak 30-40 minute by 180 grade Celsius
Sny in blokkies terwyl warm
Droog uit teen 100 grade Celsius
Bron: Louis En Nelsie Fritz








