Ek het sommer my eie bestanddele en hoeveelhede gemeng, maar dis min of meer soos volg vir 8 tjoppies.
een groot ui in ringe gesny
2 koppies+ mrs B blatjang
koppie tamatiesous
halwe koppie heuning
2 eetl kerriepoeier
2 eetl masala
koppie kookolie
sout
peper
Meng als en gooi oor tjops. Dit het seker so bietjie meer as ‘n uur gemarineer. Braai oor kole en sleep so tussendeur weer deur sous. Ons het die tjops terug in die kasserol gesit en op die rooster. Dit het so bietjie staan en prut. Voorwaar ‘n wenner gewees.
BRON- Annelie van der Merwe-Kruger