GESTOOFDE BEES KORTRIB
Ongeveer 1 kilogram bees kortrib
2 eetlepels olie
1 koppie water
1 blikkie gekapte tamaties
1 fyngemaakte knoffelhuisie
4 aartappels geskil en in blokkies gesny
1 groot gekapte ui
3 groot gekapte wortels
Ongeveer 1 koppie meel
Sout en peper na smaak
Meng die meel met die sout en peper en bedek die ribbetjies daarmee. Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die ribbetjies tot dit goed bruin is aan alle kante. Voeg 1 koppie kookwater, die tamaties en die knoffel by. Verlaag die hitte en laat prut vir ongeveer 1 uur. Voeg meer water by indien nodig.
Voeg die aartappels, uie en wortels nou by in die kastrol, saam met nog sout na smaak. Laat prut vir ongeveer nog 30 minute of tot die groente sag is. Verplaas die vleis en groente na ‘n opdienbak. Gebruik van die meel wat oorgebly het toe die vleis daarin gerol is en los 1 ½ eetlepel meel en 2 eetlepels water op vir elke koppie vloeistof wat oor is in die kastrol. Roer dit by die sous in die pot in tot dit verdik en giet oor die vleis en groente.
Foto en resep geplaas deur Adam Cloete








