GEKOOKTE KONDENSMELK
Tina Botha
Hallo almal, ek is nou skoon deurmekaar. Hoe lank moet ek n blikkie kondensmelk kook vir karamel? Ek het in my kop 3 of 4 ure, nou se n ander ou 1 1/2 tot dalk 2 ure!
Elize Gouws – Ek kook myne 3ure.
Dawn Schaft – 30 min in my stoompot
Manfred van der Merwe – Stoompot 45min EZPZ
Anita Groenewald Olderwagen – Ek sit hom 30 min in stoompot dan laat ek hom somer daarin afkoel ook
Wanda Botha – Ek kook myne ook in die stoompot, het gelukkig nog nooit ontplof nie Trek net eers die label af, anders is die papier ‘n gemors!
Adele Berndt – You could also use a slowcooker
Leza Du Toit Mienie – (ek kook sommer 3 op een slag) in die stoompot. Vul die stoompot met water tot blikkie(s) net bedek is. Sit op stoof, plaat op warmste “setting”. Sodra die stoom dingetjie bo-op heeltemal uitsteek, draai hitte af to medium en kook 30 tot 35 minute (afhangende van hoe donker jy die karamel wil he). Haal die pot van die stoof af en hou onder lopende koue water tot die stoom dingetjie heeltemal onder is. Draai eerste stoom dingetjie uit (veiligheid eerste). Haal die blikkie(s) vesigtig uit, dis vreeslik warm. Draai die blikkie(s) om en laat heeltemal afkoel. Maak blikkie oop en onthou om eers ‘n happie te neem voor jy gebruik. Mmmmmm heerlik! Onthou ook dat die blikkies moet die wees wat ‘n blik opmaker nodig het om oop gemaak te word.
Vir al die mense wat die vrees het om jou eie gekookte kondensmelk te kook (ek inkluis). Ek het op hierdie wonderlike manier afgekom. Sit jou blik kondensmelk in ‘n slow cooker. Vul heeltemal op met water. Maak toe en sit hom op LOW vir 8 ure. Laat afkoel en siedaar!!! Caramel Treat met geen vrees dat dit sal ontplof nie!!!
Ronell Visser Gouws
Ek kook 14 blikke op ‘n slag in stoompot. Bedek met water. Sodra begin stoom stel ek my timer op 45 minute. Los op plaat net so tot more oggend om heeltemal af te koel sodat dit nie sandsuiker raak nie.







