GEBAKTE PIESANGPOEDING MET KARAMELSOUS
90 ml sagte botter
375 ml bruinsuiker
375 ml melk
3 eiers
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ryp piesang fyn gedruk
5 ml gerasperde lemoenskil
5 ml vanilla geursel
versiersuiker vir bo-op sif indien verkies
Voorverhit die oond tot 180ºC. Spuit ‘n oondvaste bak met die inhoudsmaat van 1,25 liter.
Meng al die bestandele saam in ‘n elektriese menger of met ‘n hand klitser tot lekker glad.
Skep in die bak en bak vir 40 – 60 min tot goud bruin en gaar.
Sif bietjie versiersuiker oor en bedien met hierdie heerlike sous.
BRANDEWYNKARAMELSOUS
Hierdie sous hou baie lank in die yskas en is heerlik saam met roomys of vrugtekoek of enige ander nagereg. Iets lekker om byderhand te he.
250 ml suiker
125 ml botter of margarine
15 ml water
knippie sout
250 ml melk
2 eetlepel brandewyn
2 teelepel mielieblom (of meer indien dikker verkies)
Verhit die suiker, margarine en water in ‘n kastrol oor matige hitte en roer aanhoudend tot die mengsel ligbruin is, pasop dit brand maklik. Haal die kastrol van die stoof af en roer die melk by en kook die sous tot klontjies opgelos is. Voeg mielieblom aangemaak met bietjie melk, by en kook vir paar minute. Voeg sout by en dan die brandewyn. Roer goed. Kan koud of warm bedien word.
Indien verkies kan die brandewyn uitgelaat word vir gewone karamel sous
Foto: Rina Kleinhans
2de foto: Adri Redlinghys










Adri Redlinghys
Ek het hom gebak presies soos resep sê. ..dit is baie slap deeg. As hy gebak is is die tekstuur meer soos n tert as koek…dit is nie sleg nie net ongelooflik soet…sal dit vlgnde keer met meer meel en minder suiker maak….my kids was nie mal oor did tekstuur nie…hulle verkies iets meer soos n koek. Die sous is n treffer