EIERVRUGSLAAI
4 eiervrugte, geskil
100 ml olie
100 ml asyn
2 uie in skywe
1 ml fyn vinkel
2 hardgekookte eiers
sout
250 ml witwyn
2 knoffelhuisies
4 groot ryp tamaties in skywe
sout en peper na smaak
gevulde of swart olywe
Sny eiervrugte in skywe, bestrooi met sout, staan 30 min in vergiettes.
Spoel af, druk droog.
Verhit olie en braai eiervrug liggies daarin, 3 tot 5 minute.
Voeg res van die bestanddele by, behalwe eiers en olywe.
Prut saggies vir 20 minute.
Laat afkoel, geur, verkoel.
Garneer met eierskywe en olywe.
Resep: Floraine Wasserman Venter








