

EIERVRUG KOEVERTE (wenner- eiervrug week)
Maak ‘n bier beslag met
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier en
125 ml bier en hou in yskas.
Skil en sny eiervrug in dik skywe met spleet in middel maar nie regdeur.
Vul gleuf met kaas, tamatie , kaas en ‘n paar druppels tobasco steek gleuf toe met ‘n tandestokkie en dust met koekmeel.
Doop gevulde eiervrug koeverte nou in beslag en braai in warm olie tot goud bruin.
BRON- Elize de Kock






