

EENSKOTTELGEREG MET BEESVLEIS EN RYS
olie vir braai
2 groot uie, in ringetjies gesny
sout en peper
500 g beesvleisblokkies
150 ml blatjang
250 ml ongekookte rys
1 blik (410 g) minestronesop
1 blik (250 g) room sampioene
350 ml kookwater
Voorverhit die oond tot 180°C.
Soteer die uie in die olie.
Geur die beesvleisblokkies en braai effens bruin in bietjie olie
Bespuit ‘n oondvaste bak met kossproei en pak die bestanddele in lae daarin, eers die uie, dan
beesvleisblokkies, blatjang, ongekookte rys, sop en sampioene. Giet laastens die kookwater oor.
Bak ongeveer ‘n uur lank of totdat die vleis sag en die rys gaar is.
BRON- Cecilia Bedser






