BESONDERSE SJOKOLADE KOEK
Klits die volgende vir 5 min saam (rerig nie meer of minder nie!!!)
6 eiers
2 koppies suiker
10 ml vanilla geursel
Verhit die volgende tot gesmelt (Ek gebruik warm water)
3 eetlepel kakao
1½ koppie water
½ koppie kookolie
Sif die volgende saam:
2 koppie koekmeel
2 teelepel bakpoeier
5 ml sout
Meng die kakaomengsel by die eiermengsel, meng die meelmengsel by en meng net tot goed gemeng. Skep in ‘n voorbereide oondpan.
Bak op 180°C vir ± 25 – 30 min of tot die toetspen skoon uitkom.
Versier soos jy verkies, ek het vandag Caramel treat en gesmelte sjokolade opgesit xoxo
Resep geplaas deur Naomi Beetge
Foto: Denise Greyling