100 % SUURDEEG-SOURDOUGH
Broodmeel
Water
Metode:
Dis wat ek gedoen het, in kort…. Ek het dieselfde hoeveelhede broodmeel en water (1x halwe koppie) geneem en dit goed gemeng. Na 12 ure het ek weer dieselfde proses herhaal, eers die mengsel afgeroer (stir down) en dan die water ingemeng en daarna die meel, hierdie proses het ek herhaal op dag2, op dag3 het ek die water bygevoeg en toe die helfte van die mengsel afgegooi.
Jy kan dit of weggooi of gebruik vir ‘n 2de plantjie… en daarna die meel bygevoeg. Van dag4 af het ek begin merk dat daar “lewe” was!! Ek skat dat afhangende van jou houer se grootte kan jy bepaal hoeveel jy wil afgooi, maar daar is ‘n tegniese aspek daaromtrent rakende die “hydration” van jou mengsel, maar dit is HG vir my:-) Ek het bloot verder die mengsel of dan plantjie elke 12uur “gevoed” tot en met dag7 (vandag) waarvan ek toe n gedeelte van die mensel gebruik het vir bak en die res net weer gevoed het en gebêre het. Daar is heelwat “dinge” wat ‘n invloed het op jou suurdeeg se ontwikkeling, onder andere temperatuur, waterkwaliteit, en dan natuurlik die “goggas” wat jy “vang”! Dit is belangrik dat wanneer jy die mensel roer, jy dit ORDENTLIK doen sodat jy soveel moontlik lug kan inkry. Ek het ‘n whisk gebruik en dit met ‘n klop beweging geroer. Wanneer jou plantjie klaar gevoer is moet dit die tekstuur hê van lekker dik room of ‘n dik pannekoek beslag, moenie bekommerd wees nie, ten tyde van die gisting word dit weer dunner. Jou houer moet ook nie dig toegemaak word nie, ek het net ‘n doek oor gegooi sodat daar steeds ‘n mate van lugvloei kon wees.
Pieta van der Walt









Gebruik jou suurdeeg rondom dag7, tydens die ontwikkeling van jou “plantjie” is daar in die begin allerhande gisse en bakterië in jou plantjie, later van tyd neem die “goeies” oor en dit is hulle wat jy in jou plantjie wil hê.
As jou plantjie reeds gevestig is kan jy dit ook in jou yskas berg vir latere gebruik 🙂 Voed jou plantjie, plaas ‘n deksel liggies op, dit MOENIE dig sluit nie, en plaas in jou yskas. Jy gaan dit egter moet dophou en voed, so 1x per week of as jy merk dat ‘n waterlagie begin vorm – haal dit bloot uit en laat terugkom na kamertemperatuur, voer soos normaalweg en plaas terug.
As jy ‘n plantjie in die yskas het wat jy wil gebruik om te bak, haal dit vroegtydig uit sodat dit kamertemperatuur kan raak en voer tenminste 1 keer alvorens jy dit gebruik, dit moet lekker lewendig wees, as dit nie is nie, wag en voer weer tot dit reg is vir gebruik.
NB!
As jy merk dat jou plantjie muwwerig is of van kleur verander, gooi weg en begin ‘n nuwe plantjie!!!