TUISGEMAAKTE NUTELLA
200g amandels (jy kan enige neute gebruik wat jy wil)
1 eetlepel vanieljegeursel
100g kakao poeier
100 ml afgeroomde melk (jy kan bietjie meer melk gebruik as jy dit ‘n meer loperiger beslag wil he
8 ontpitte dadels
50 ml water
1) Sit die dadels en water in ‘n voedsel verwerker en meng tot ‘n pasta/stroop.
Gooi in bak.
2) Plaas die amandels in die voedselverwerker en verwerk soos jy sou amandel botter maak vir 10-15 minute tot glad.(meng in menger vir so 10 min, skaap kante af, meng vir nog 5 minute tot dit lyk soos botter)
3) Voeg die vanielje, kakao poeier, melk en dadelmengsel by en meng vir verdere 5 minute tot glad.
Bewaar in yskas vir ongeveer ‘n maand.







