Maak jou gunsteling bolognese sous met gemengde groente in(ek het sommer soutvleis in plaas van maalvleis gebruik). Maak ‘n bechamelsous met kaas in. Smeer ‘n laag bechamelsous onder in die oondbak en lê ‘n laag lasagna stroke (sheets) bo-op die sous. Maak dan lae van bolognese sous, bechamelsous, kaas en weer lasagna stroke en herhaal die proses ‘n paar keer. Eindig met bechamelsous en ‘n kaaslaag bo-op en bak vir 30 min. by 200ºC.
Adam Cloete
https://foodloversrecipes.com/?s=bolognaise
https://foodloversrecipes.com/bechamel-sauce-white-sauce/