AVOKADO EN APPELSLAAI
Vir 4 mense
2 ryp avo’s, in die helfte gesny, ontpit, geskil en in skywe gesny
2 appels, ontpit en in skyfies gesny
5 ml Dijon mosterd
30 ml suurlemoensap
60 ml olyfolie
15 ml fyngekapte pietersiellie
50 ml gesnyde en geroosterde amandels
Plaas die avo’s en appels in ‘n bak. Meng mosterd, suurlemoensap en olie in ‘n klein bakkie, geur na smaak en meng met ‘n sneeubesem (wisk) tot dit dik word, Plaas heel slaaiblare op ‘n bord om ‘n bakkie te vorm. Sit Avo’s en appels bo-op. Gooi die slaaisous oor en sprinkel met pietersielie. Dekoreer met die geroosterde amandels.
Resep en foto: Beatrice Trisha Diepold








