TOBIAS SE KALISHRIMP
400 g calamari ringe
200 g shrimps
2 blikkies tamaties
200 g rys vermicelli
1 teelepel knoffel (vars gemaal)
1 teelepel rissie (droog gemaal)
Soya sous na smaak
1 tot 2 koppies water
In elektriese braai pan, braai die seekos in n klein bietjie water. (So 5 min)
Gooi die tamaties met sous en al by die seekos. Gooi die knoffel, rissie en soya sous by en roer goed.
Kook die mengsel vir 5 min.
Gooi water bietjies by, maar die mengsel moet nie te waterig wees nie.
Verlaag die hitte en prut vir 15 min.
Gooi die pasta by. Die pasta neem baie van die vog op so gooi water by voor dit aanbrand.
Prut vir nog so 10 min, meng gereeld.
Hierdie gereg is gluten vry, vet en kolestrol vry. Die bestandele is genoeg vir 4 tot 6 mense…
BRON- Tobias Jansen van Noordwyk








