SELFGEMAAKTE PASTA
My resep is bietjie anders as Lynette s’n, ek gebruik net 100 g meel vir elke eier. As die deeg te nat is, voeg bietjie meel by, of te droog, teelepels op ‘n slag geklitste eier (of een geel). Ek sien nou die dag iemand maak pasta van net meel en water. Wil dit nog probeer. Ek stem saam met Lynette dat dit baie meer vullend is as gedroogde pasta. 300 g se meel maak meer as 500 g droë pasta (of so voel dit).
En ek kroek, ek knie my deeg met my Thermomix lol
BRON- Kiti De Jager








