RUBARB-POEDING
3 eiers
3 koppies suiker
3 koppies melk
1 koppies meel
3 koppies rou rabarber in blokkies gesny
2 eetlepels botter
2 teelepels bakpoeier
Meng suiker, eiers en melk tot room. Voeg botter by dan meel en bakpoeier. Heel laaste rabarber. Gooi in bak en bak, ek het op 180°C gebak vir ± 1 uur.
Ek kuier hier by my ma by ‘n klein plattelanse dorpie, tannie langsaan het ‘n groente tuin, besig om rubarb te pluk. Sorry weet nie hoe spel mens dit nie. Ek vra wat doen mens daarmee, sy sê rubarb poeding. Ek koop dadelik, nou die groot probleem my ma se ou stoof vat 350 g ek maak n plan’, vra gee asb resep, tussen almal kry ek die resep, en hier is my resultate.
RUBARB IN DIE OUTYDSE DORPIE
Ek vra toe waarmee eet mens dit, vla, room en roomys – sal nog besluit, sê ek toe, wag ek sal nog besluit.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie








