Gisteraand besluit ek op maalvleis vir aandete, maar, o wee, daar is net een pakkie van 500gr, in die vrieskas. Beslis te min vir ons gesin. Hoe rek jy 500gr. maalvleis?
Kook 500. gr. maalvleis en 1 ui gekap.
Kook 250 gr. noedels (macaroni).
Klits 1 koppie melk, 2 eiers, 1/2 pakkie sampioensop, 1 teelepel mosterdpoeier, 5 gr. sout, bietjie gekapte knoffel en 1 koppie gerasperde cheddar saam.
Meng alles, gooi in ‘n oondbak en bak vir ±20 minute teen 180°C.
Adri van Staden







