
RAVIOLI
PASTA DEEG:
300g koekmeel
3 eiers
1 E olie
sout
paar druppels water om sagte deeg te maak indien nodig
VULSEL:
Hier kan jy speel met verskillende vulsels. Ek het twee soorte gemaak.
VULSEL EEN: Gaar botterneut met knoffel en feta.
VULSEL TWEE:
Shitaki sampioene.
Vars shitaki of porcini sampioene so 300g
‘n halwe klein ui fyn gekap
1 t fyngekapte knoffel
olyfolie
s&p
vars basilie of enige ander kruie gekap.
OPDIENING:
1 E vars salie blare gekap
1 E botter
gesorteerde shitaki of porcini sampioene in skyfies gesny
vars parmasaan skaafsels
DEEG:
Skep deeg op werkoppervlak en maak holte in middel. Gooi eiers, olie en sout in holte. Meng geleidelik die meel met jou vingerpunte van die kant af. Voeg net druppels gewys water by om sagte rolbare deeg te maak.Vorm ‘n bal en draai toe in kleefplastiek en laat minstens twee uur rus voor gebruik.Rol deeg dun uit en druk sirkels van 5 cm uit (As jy ‘n pasta masjien het maak dit natuurlik maklikker rol tot so no 5)
VULSEL MET SHITAKI:
Sorteer sampioene, ui en knoffel in bietjie olie tot sag. Geur met s&p en vars kruie. Pak die helfde van die deegsirkels op werk oppervlak. Skep bietjie vulsel in die middel en verf die deeg rande met geklitste eier en bedek met oorblywende deeg sirkel, Druk opmekaar en verseel deeglik. Bring groot pot met diep water tot kookpunt en kook die ravioli ‘n paar op ‘n slag hierin. Skep uit met gaarjieslepel sodra dit boontoe dryf so 3-5 min.
OPDIENING
Braai die salie blare in botter toot effens bros. Rangskik 6- agt raviolis op ‘n bord, skep bietjie sampioene en salieblare oor en besprinkel met parmasanskaafsels. Sit dadelik voor.
BRON- Martie Fourie Moolman






