
MEXIKAANSE SPAGHETTI
500 g ongekookte spaghetti
6 medium grootte tamaties, geblanseer en geskil (ek sal sommer ‘n blik heel tamaties gebruik)
2 tot 3 geskilde knoffelhuisies
½ gekapte ui
3 eetlepels olyfolie
2 koppies hoenderaftreksel
fyngekapte pietersielie
gerasperde, verouderde kaas na smaak
sout na smaak
‘n paar avo skywe, indien jy so verkies
Maak die tamaties, knoffel en ui fyn in ‘n voedselverwerker of versapper tot dit redelik glad is. Verwarm die olie in ‘n groot, wye pot en voeg die ongekookte spaghetti daarby. (ek het hulle helfte deur gebreek) roer die spaghetti tot dit eweredig verbruin het verwyder. En hou eenkant. Giet die tamatie mengsel in die pot. Saam met nog ‘n bietjie olie indien nodig. Laat dit vir ‘n paar minute prut. Voeg ¾ van die hoender aftreksel by die tamaties en bring tot kookpunt. Voeg die spaghetti by die tamatie- en aftrekselmengsel en verlaag die hitte. Voeg die sout en pietersielie by. Die gereg is gereed wanneer daar niks meer vloeistof in die pot is nie. Roer die kaas deur en bedien.
Resep en foto: Adam Cloete
Hier is die resep wat ek gisteraand op Impala Radio gegee het. Ek het dit saam met frikkadelle bedien. Die frikadelle is dieselfde resep wat ek op die blog het, maar in plaas van broodkrummels, het ek ‘n pakkie bruin soppoeier en 125 ml jogurt ingemeng en toe op hoog in die mikrogolf gemaak vir 15 min.






