Meng bogenoemde om deeg te vorm en druk vas in tertbakke.
Steek gaatjies op die bodem anders blaas hulle op, moenie te dik maak nie, bak in oond van 180 °C tot mooi bruin.
VULSEL
1 liter melk (500 ml)
125 g margarine (62.5 g)
Sout
1 koppie suiker (½ koppie)
4 eiers (2)
2 eetlepels koekmeel (1)
2 eetlepels maizena (1)
Kook saam:
Melk, botter, suiker, sout en vanilla.
Klits geel van eiers met 1 koppie melk van liter.
Klits meel en maizena daarin. Voeg melk mengsel by eier mengsel en klits goed.
Klits eierwitte styf en vou in by gekookte vulsel.
Gooi vulsel in die tertkorse, strooi kaneel oor en laat afkoel.
BRON- Chantelle Geldenhuys








