KERRIEMAALVLEIS BOERE VETKOEKE
500 g maalvleis
1 blikkie kerriegroente
1 ui, gekap
½ groenrissie, opgesny
½ pakkie sampioene, gekerf
20 ml kerriepoeier
5 ml rissie pitte
sout en vasgemaalde swartpeper na smaak
Braai die maalvleis en ui in bietjie olie tot gaar. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute om die geure te laat meng. Voeg die groenrissie en sampioene by en braai vir 5 min. Voeg laaste die kerriegroente by en laat prut tot meeste van die sous van die groente verdamp het. Bedien met rys, pasta of vetkoek. Othou om ‘n bietjie uit te skep vir ‘n heerlike omelet more-oggend. (Ek het!)
BRON- Wilma Josey Venter








