KARRINGMELK BESKUIT MET BOTTER
Die karringmelkbeskuit resep het ek by ‘n vriendin gekry. Toe ek dit bak, het die beskuit maar vir my vaal en bleek gelyk. Ek besluit toe om so ‘n bietjie woema by te sit en dit het ‘n baie groot verskil gemaak toe ek die sade en neute by sit. Die volgende keer as ek dit maak gaan ek ‘n koppie suiker minder gebruik, en wanneer die gesmelte botter en suiker af gekoel is ‘n 1 ½ koppie dadels en ‘n pakkie groen kersies by die mengsel voeg.
3 koppies suiker
500 g botter (moet botter wees)
3 eiers
1 houer karringmelk (500 ml)
1 koppie pampoenpitte
¾ koppie sonneblompitte
bietjie minder as ½ koppie sesame saad
150 g gekapte pekaneute
1 kg bruismeel
500 g “bran rich” bruismeel
knippie sout
Smelt die botter en suiker en laat af koel.
Voeg die geklitste eiers, karringmelk, pampoenpitte, sonneblompitte, sesame saad en pekaneute by en meng.
Voeg die bruismele en sout by, en meng goed deur.
Keer uit in beskuitpan en versprei eweredig, druk af met beskuit vorm.
Bak 45 min by 180 ºC.
Droog oornag in louoond uit.
BRON- Elsa Hattingh