Druk die Bacon Kips fyn, smelt die margerien en meng saam. Verdeel in 5 gelyke dele.
Spoel jelring net met koue water uit, maar voer pannetjie met kleefplastiek.
Vul jelring of broodpannetjie in lae as volg:
1. Eerste koekielaag.
2. Die eiers gemeng met ‘n bietjie mayonnaise, sout en peper.
3. Koekielaag.
4. Die maaskaas gemeng met die Cheddar kaas.
5. Koekielaag.
6. Die avokado’s, fyngedruk en gemeng met bietjie suurlemoensap en mayonaise.
7. Koekielaag.
8. Die hamskywe, opgekap in klein blokkies en gemeng met mayonnaise en mosterd.
9. Koekielaag.
Druk vas en plaas in yskas vir so 2-3 ure. Keer uit op bord voor bediening. Enjoy!
BRON- Judy Bester









Geskuif
Ek het die gereg gemaak laas naweek en die mense kon nie uitgepraat raak daaroor nie. Dankie Foodlovers vir die resep, ek kan hom aanbeveel