HEERLIKE KLAM WORTELKOEK
500 ml suiker
4 groot eiers
3 ml vanilla geursel
375 ml sonneblomolie
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml fyn kaneel
5 ml sout
750 ml gerasperde wortels
200 ml fyn klapper
250 ml okkerneute, gekap
250 ml geblikte fyn pynappel, gedreineer
Versiersel
125 g botter, sag
500 g versiersuiker
250 g roomkaas
5 ml vanilla geursel
Ekstra gekapte neute om bo-oor te sprinkel
Verhit oond tot 180’C. Smeer twee 23cm-koekpanne en voer uit met bakpapier.
Klits eiers,suiker en vanilla saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam en meng by eier-mengsel.
Voeg gerasperde wortel, klapper, okkerneute en pynappel by beslag. Gooi in voorbereide panne en bak ongeveer 1uur. Laat dit afkoel in die panne.
Vir die versiersel: HEERLIKE KLAM WORTELKOEK
Room botter en voeg helfte vd versiersuiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig. Voeg roomkaas by en meng op lae spoed. Voeg laastens res vd versiersuiker en vanilla by. Meng tot als goed deurgemeng is, anders raak die versiersel loperig. Keer koeke uit panne uit en verwyder bakpapier. Smeer een koek met die helfte vd versiersel. Plaas die ander koek bo-op en smeer oorblywende versiersel. Sprinkel neute bo-oor.
Foto: Lucille Davids, Gideon Louw en Marian van Deventer, Meisie van der Colff












Sumitted in nuwe blog
Die is die heerlikste en suksusolste wortel koek ooit die versiersel is perfek en die koek se tekstuur pragtig!
Nie die ou fotos nie.
Done