Reinette Nieuwoudt Net ‘n vraag … maak jy eers spinasie gaar (pap) en dan meng jy dit met die witsous?
Adam Cloete Ja, dis hoe ek dit doen, maar dit moet baie vinnig wees. Daar is 2 maniere (seker baie meer ook). Een is om die vars spinasie af te was en dan in ‘n groot pot te sit met net die water wat aan die blare is. Kook tot al die blare verlep. Twee is om die spinasie vir ‘n kort rukkie in kookwater te sit, ook amper net om te blanseer. Corne Liebenberg, hoe maak jy?
Adam Cloete Sorg dan ook dat jy die spinasie baie goed dreineer voor jy dit met die sous meng. Jy kan dit amper met jou hand uitdruk
Corne Liebenberg
ek maak my geroomde spinasie weer heeltemal anders…. ek tjop die spinasie op en braai dit dan liggies in botter, dan voeg ek meelblom by die botter en spinasie en dan helfte melk en helfte room met ‘n handvol cheddar kaas by
Adam Cloete So, jy maak die witsous letterlik binne in die spinasie. Ek het nie die blog se resepte almal deurgegaan nie, so ek weet nie wat alles daarin staan nie. Ek kook die spinasie soos hierbo, dan maak ek dit pasta in die processor. Dan sit ek dit terug in die pot waarin ek fyn bacon en uie in gebraai het, gooi, room en kaas by en laat net goed warm word tot die kaas gesmelt is terwyl ek die hele spul deur roer
Corne Liebenberg ek maak die witsous binne in die spinasie… soms braai ek eers ‘n ui en wanneer ons by die swartmark bacon kon kry, die bacon of soms stukkies salami voordat ek die spinasie insit en roerbraai….. ek hou nie van doodgekookte spinasie nie……