OK julle – ek hom geproe en dis toe heel lekker maar baie soet – die eerste laag van die tert kom van die blog – die 2 de deel sommer self uitgedink – ek het so gemaak :
1 pakkie eat some more koekkies fyngemaak en meng met gesmelte botter om kors te maak.
Spuit ‘n losboompan met spray en cook en pak beskuitjies onder in bak maak los so een 9m oop om rant.
Sit in yskas.
Sny vingerbeskuitjies in helfte. Smelt so halwe slab donkerchokolade met klein bietjie melk in mikrogolf. Doop nou die beskuitjies se onder punt daarin en pak in die ronde in die pan – daar waar die spasie oopgelos was – druk hul goed vas. Sit weer terug in yskas
Klits 2 houers (250 ml elk) room tot styf. Vou een blik kondensmelk by room in asook 3 crunchies wat in stukke gesny is daarby. Sny van die oorige vingerbeskuitjies in fyn stukkies en gooi bo-oor. Sit in vrieskas sodat dit kan stol. Dit vries vinnig.
Toe het ek ‘n pakkie caramel kitspoedding en 1 blikke Nestle caramel sous met so halwe koppie melk styfgeklop en so 5 min in yskas gelos – gooi dan oor die onderste vulsel. Los oornag in vrieskas.
Volgende dag het ek die pan oopgemaak en wispers bo-oor gesit – ek het voorheen ‘n sous aangemaak van kakao versiersuiker en bietjie room en melk – dit was in my vrieskas – ek het dit ontdooi – nog bietjie dark choclate gesmelt en dit gemeng met die kakao sous en die oor die beskuitjies gegooi en so gedrup bo-oor. Hou dit heeltyd in die vrieskas.
Volgende keer gaan ek die soet breek deur dalk maaskaas met suurlemoensap ook by te sit en dalk sal mens dan gelatine moet bygooi. Laat weet as nog iemand dit so sal maak hoop jul geniet x
– ek het vergeet – ek het sommer ‘n homp roomys ook by die caramelmengsel gegooi – vanilla
BRON- MARIETJIE NEL








