ADVOKADO EN SALM VOORGEREG
Hier is my Advokado en salm voorgereg met peppadew gevul met avo
Lewer omtrent 6 vorms
100g sprietui-en-spek-geur-soutkoekies (of ander geur)
60g botter of margarien, gesmelt
230g roomkaas (sprietuie-en-grasui, of ander geur)
15ml (1e) melk of water
2 medium avokadopere
45ml (3e) vars suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10ml (2t) gelatien
30ml (2e) water
100g salm of gerookte snoek
vinkel of dille vir garnering
Metode
1 Spuit of smeer omtrent 6 klein pannetjies of ringvorms. Voer bodem en kante uit met waspapier of enige ander stewige papier. Spuit weer.
2 Druk die soutkoekies fyn. Meng die gesmelte botter daarmee en hou eenkant.
3 Roer die roomkaas met die melk (of water) sodat dit ’n bietjie sagter word en hou ook eenkant. Druk die avokadopere fyn; voeg suurlemoensap en geurmiddels by.
4 Los die gelatien in die water op en plaas oor kookwater sodat dit smelt. Voeg helfte van die opgeloste gelatien (20 ml) by die roomkaas. Voeg die ander helfte van die gelatien by die avokadopeer-mengsel en meng goed.
5 Plaas die salm eerste op die onderkant van al die vorms. Verdeel die avokadopeermengsel tussen die vorms en skep bo-op die salm. Skep dan die beskuitjies, gevolg deur die roomkaasmengsel. Druk effens bo-op die bestanddele in die vorm.
6 Plaas in die yskas vir omtrent 4 ure om net ’n bietjie te set. Keer uit en garneer
Ek het dit op rocket gesit en toe balsamic vinegar n paar strepe getrek en toe ingelegde peppadews gevul met nog avo
O jaaa en bietjie paarmensan kaas gestrooi op bord
BRON-Marian van Deventer








