
PERSKEPIEKEL
1 kg taaipitperskes soos Yellow Cling wat nog nie te sag is nie
500 g suiker
1 teelepel sout
500 ml witasyn
1 eetlepel allspice korrels
8 kruienaeltjies
6 kaneelstokkies
Skil die perskes en sny in kwarte van die pit af.
Verhit en roer die suiker, sout en asyn in ‘n kastrol.
Voeg die allspice, naeltjies en kaneel by.
Verhit tot kookpunt en roer gedurig om die suiker op te los.
Voeg die perskekwarte by en kook liggies vir 20 – 30 minute tot die perskes sag maar nog ferm is.
Verwyder van die hitte en skep die perskes in ‘n skoon verhitte fles.
Bedek met die stroop en verseël.
Beste om te laat staan vir ten minste 2 weke voor gebruik.
ADAM CLOETE







geskuif