

KOEDOE-LEWER EN MURGBENE
Sny ‘n vars koedoe lewer in skywe, so 1.5 cm dik.
Smeer met suurlemoensap of swart asyn in.
Sprinkel braai speserye oor, en laat staan so 2 – 3 ure.
Braai nou so 2 groot uie in OLYFOLIE totdat dit bruin is en skep dit uit.
Sit die MURGBENE in die oond en bak op 150°C vir 15 minute.
Braai nou die lewer in 150 ml olyfolie, en so 4 eetlepels botter gemeng.
Wanneer die lewer so medium gaar is, skep uit en maak die uie weer warm.
Sit nou ‘n stukkie knoffel botter op die warm lewer.
KAP NOU DIE MURGBENE en stamp daai MURG UIT, en sit dit bo-op die lewer.
Dan lyk aandete sooo…
Bron en Foto: Stefaans Blaauw






