6 aartappels
250 g spek stukkies
1 ½ soetrissies, in stukkies gesny
500g sampioene, in skyfies gesny
1 pakkie Potatobake
Cheddarkaas
200 ml melk en 100 ml gewone jogurt (of dik room)
Kook die aartappels tot dit gaar, maar nog styf is en sny in skywe.
Braai die spek en sampioene tot net gaar.
Pak ‘n laag aartappels onder in ‘n gesmeerde oondbak en strooi van die soetrissies en bacon daaroor.
Pak die res van die aartappels daaroor en strooi die res van die soetrissies en spek daarop.
Geur dit liggies met sout en peper.
Meng die inhoud van die pakkie Potatobake met die melk en jogurt en giet dit oor die aartappelmengsel in die bak.
Strooi ‘n lagie kaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Resep en foto: Kevin Steyn








