Die kaassmeer wat ek maak kom lekker dik uit maar dit kry nie so baie melk in soos julle resep nie.
500 g processed cheese
250 g margarien
125 ml melk
Gooi melk en margarien in mikrogolf bak en verhit tot margarien gesmelt is, dan gooi mens die gerasperde kaas in en mikrogolf so min of meer 5 min lank en dan roer julle nou net so tussen deur die mengsel.
Haal uit mikrogolf en dan klits mens dit met elektriese klitser tot mooi glad.
BRON: Naudéa Visser








