Skil die aartappels en kook in soutwater tot dit net sag maar nog ferm is. Sny die aartappels in skywe.
Braai die uie in die botter en olie tot dit deurskynend is.
Voeg die rissies en ontbytspek by en kook liggies verder vir 6 – 8 minute en voeg dan die gaar aartappelskywe by.
Geur met sout en peper en kook die mengsel oor lae hitte vir 5 minute. Roer dit 1 of 2 keer versigtig om nie die aartappels te breek nie.
Skep die mengsel versigtig in ‘n oondbak en strooi die kaas bo-oor.
Plaas onder die oond se warm rooster vir slegs ‘n paar minute tot die kaas verbruin.
Resep en foto: Adam Cloete
2 thoughts on “HOLLANDSE AARTAPPEL-MENGELGEREG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









geskuif
Ek sal Adam se resepte enige plek uitken… dankie Adam dit lyk heerlik!