

GROENTE AU GRATIN
Die lekkerste wat ek al ooit geëet het, is groente. Probeer dit tog.
botterskorsie, sny in die helfte en kook tot sag
Witsous:
25 ml margarien
25 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml paprika
200 ml melk
1 klein uitjie, fyn gekap
5 sampioene, opgesny
50 ml broodkrummels
50 ml gerasperde cheddarkaas
Smelt margarien in kastrol.
Soteer uie tot deurskynend en voeg sampioene by.
Meng meelblom by en roer tot alle margarien geabsorbeer is.
Voeg melk by en roer aanhoudend.
Voeg sout, peper, pietersielie, aromat, ens by volgens smaak.
Giet die witsous bo-oor en strooi kaas en krummels bo-oor.
Rooster tot goudbruin onder die boonste element van die oond.
Ps: enige vleis soos maalvleis, salamie, bacon, ens kan saam witsous bygevoeg word.
Resep geplaas deur Els Chante






