
GEKRUMMELDE SAMPIOENE
500 g wit sampioene met ‘n klam lappie afgevryf
4 snye geroosterde bruinbrood, fyn gekap in ‘n voedselverwerker
1 koppie fyn gerasperde parmesaan kaas
4 eiers geklits
100 g mielieblom
Olie vir diep braai
Maak twee mengbakke – een met die mielieblom en die ander met die broodkrummels en parmesaan gemeng.
Dompel al die sampioene in die eier en haal uit. Gooi in ‘n bak met die mielieblom en maak seker dit is lekker bedek.
Plaas weer terug in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel. Maak seker dit is goed bedek. Braai in lekker warm olie tot bruin. Haal uit en dreineer. Doen hierdie net voor opdiening.






