


GEBAKTE KOMKOMMER MET ROOMKAAS
2 geskilde komkommers
sout en peper na smaak (peper van jou keuse)
25 g botter
1 klein gekapte ui
100 g roomkaas of meer
4 eetlepels melk
gekapte chives vir garneer
Sny die komkommers in 10mm stukke, sprinkel met sout en laat ontwater in ‘n dreineringsbak vir ten minste 30 minute. Braai die gekapte ui in die botter tot sag maar nie bruin nie. Voeg die komkommerstukke by die uie en roer sodat al die stukke met botter bedek is. Verwyder van die hitte en plaas oor in ‘n oondbak. Meng die roomkaas met die melk tot dit glad is en geur met die peper. Smeer die kaasmengsel oor die komkommers, bedek en bak vir min of meer 45 minute by 180ºC of tot die komkommers sag is maar nie pap nie. Garneer met gekapte chives.
Resep en 2de foto: Adam Cloete
Foto: Benhet Nieuwenhuis






