EASY PEASY SJOKOLADE KOEK
Droë bestanddele:
3 koppies koekmeel
1/3 koppie kakao
1 koppie suiker
1 eetlepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Nat bestanddele:
2 koppies kook water
1 koppie kookolie
10 teelepels druiweasyn
1 teelepel vanilla geursel
(2 groot gaar beet fyn gerasper)
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer ronde koekpanne 21 by 6 cm goed. Bestuif met meel.
Droë bestanddele – Sif alles saam in mengbak.
Klits al die nat bestanddele saam in ‘n groot maatbeker en voeg dit by die droë bestanddele. Moenie die mengsel te veel klits nie. Vou dit net in met hout lepel.
Giet mengsel in koekpanne en bak 25 tot 30 minute tot gaar.
EK WIL NET NOEM: EK HET DIE RESEP VERDUBBEL – EN NET TWEE PANNE KOEKE GEMAAK. DIE BEET HET EK BYGEVOEG AS ‘N TOETS OM DIT LEKKER VOGTIG TE MAAK.
VERSIERSUIKER NA SMAAK!
OH MY GLORIE – DIT IS DIE MAKLIKSTE LEKKERSTE KOEK!
Resep en foto: Carol Visser








