Pak dit plat in ‘n pot en kook met bietjie sout water sag, gooi die water af as daar nog is, dan gooi ek versoeter oor, of suiker en bietjie heuning en botter, en dan sit ek die plaat stadig en die deksel skeef, en dan braai hulle maar so stadig, ek draai die blokke net een maal om dat hulle nie breek nie, as jy sien jou stropie raak bietjie min, vul maar net aan met botter en heuning. Skud net die pot, moenie roer nie dan breek jou pampoen en is dit fyn pampoen, ek het butternut gebruik.
Rina Kleinhans








