

BAR ONE BROWNIES
4 x 55 g Bar One sjokolade
250 ml koekmeel
250 ml suiker
15 ml bakpoeier
knippie sout
50 ml kakao
5 ml vanilla geursel
2 eiers
250 ml kookwater
250 ml room
Sif die droë bestanddele goed saam.
Klits die eiers, vanilla en kookwater saam.
Meng die droë- en eiermengsel saam. Giet die beslag in ‘n glasbak, sny twee Bar Ones in die beslag op.
Mikrogolf op HOOG vir 6 – 7 min.
Smelt die 2 oorblywende Bar Ones en die room en giet oor die warm Brownies wanneer dit uit die oond kom en gee kans om lekker deur te trek. Bedien met room of roomys.
Resep: Wilma Josey Venter






