ADAM SE HOENDER PASTITSIO
Ek het gister in die donker Fruit&Veg sulke lekker vars spinasie raakgeloop en my gedagtes het toe sommer weer op die hol gegaan. Dis waar dit ge-eindig het.
Noem dit maar my HOENDER PASTITSIO
250g gaar pasta van jou keuse (ek het kort macaroni gebruik)
2 bossies spinasie klein gesny en gekook dat dit net verlep en nog groen is.
3 hoenderborsies gaar gekook met uie, knoffel en geursel van jou keuse. Ek het net sout, peper en oreganum gebruik.
Bechamelsous met baie kaas in.
Haal die hoender van die bene af en sny dit in klein stukkies. Meng die gaar pasta met die gaar spinasie en meng bietjie van die Bechamelsous daarin. Skep ‘n lagie Bechamelsous onder in ‘n gesmeerde oondbak en mikrogolf vir 3 minute. Skep ‘n laag pasta en spinasie mengsel bo-op die souslagie. Volg op met die hoenderstukkies en top dit dan met die res van die pasta en spinasie. Skep die res van die sous bo-oor en druk met ‘n lepel openinge in die pasta dat die sous effens kan inloop. Ook teen die kante. Strooi bietjie Cheddarkaas bo-oor en bak by 180ºC vir 30 minute. Kort, kragtig en lekker.
Foto en resep: ADAM CLOETE
Resep vir bechamelsous
https://www.foodloversrecipes.com/2013/07/bechamel-sauce-white-sauce/








