

ZUCHINNI CARBONARA ALA SPAGHETTI
Kook ‘n pot gesoute water op stoof.
500 g spaghetti
1 ui, gekap
4 koppies murgpampoen gekap
250 g repie ontbyt spek
1 knoffel huisie, gekap
4 groot eiers
gerasperde skil van een suurlemoen
¼ koppie pietersielie gekap
¼ koppie basilie grof gesnipper
In groot pan braai die spek bruin en verwyder na bord met kombuis papier. Braai ui, knoffel en pampoen in dieselfde pan en sprei gelyk uit. Geur met sout en peper en laat braai tot ligbruin vir 10 min.
Terwyl pampoen braai, voeg die pasta by die kokende water en kook tot al dente.
Verwyder die pan van die hitte. Klits die eiers goed en meng die suurlemoenskil en pietersielie by.
sny spek in 2 cm stukke en voeg by pan. Dreineer die pasta en hou ¼ kop van die warm water eenkant. Meng die warm pasta by die pan in, gooi eier mengsel oor die pan uit en meng vinnig deur. Voeg die basilie by en meng. As die sous droog lyk, voeg van warm water by.
Sit voor met parmasan kaas
Resep geplaas deur Franco Dippenaar






